top of page

Bybelstudie Besonderhede

'n Plek waar ons saam die Woord van God ontdek - eerlik, dieper en sonder oordeel.  Jy hoef nie alles te weet of al die antwoorde te hê nie.  Kom net soos jy is.

Floral Cross Art
Flowers On Cracked Earth
GELOOF

Ons delf dieper in God se Woord om Hom beter te leer ken, ons geloof te versterk en te ontdek hoe Sy waarheid deel word van ons alledaagse lewe.

GENESING

Ons kyk na wat die Bybel leer oor gebrokenheid, verlies, vergifnis, seer en herstel — en hoe God selfs die moeilikste hoofstukke kan gebruik.

GROEI

Geloof is nie net iets wat ons glo nie, maar iets waarin ons groei. Hier leer ons hoe om God se Woord prakties toe te pas en al hoe meer te word wie Hy ons geroep het om te wees.

HOE WERK DIT?

Elke Donderdag ontmoet ons aanlyn op Zoom vir ’n rustige, veilige Bybelstudie vir vroue.

GRATIS
Elke Donderdag
🕐 1:00 nm — Brisbane, Australië
🕔 5:00 vm — Suid-Afrika
💻 Aanlyn via Zoom
⏱️ 45–60 minute
🌿 ’n Veilige spasie vir vroue
 

Jy hoef nie jou kamera of mikrofoon aan te sit nie. Kom net soos jy is — luister rustig saam, of gesels en deel wanneer jy gemaklik voel. Daar is geen druk nie.
 

Ons het ook ’n WhatsApp-groep waar ek elke week die Zoom-besonderhede, tema en enige belangrike inligting deel.

Jy is welkom hier. 🤍
 

God ontmoet jou
waar jy vandag is

Ons maak die Bybel oop for die regte lewe — for die dae van geloof én twyfel, seer én herstel. Deur bemoedigende boodskappe ontdek ons saam wat God se Woord sê oor die hoofstuk waarin jy vandag staan.

bottom of page