top of page
Jy hoef nie alleen hierdeur te stap nie
Party seisoene vra nie vir nòg raad nie - net vir 'n veilige plek waar jy gehoor, verstaan en ondersteun kan word.
Hier bied ek persoonlike 1:1 ondersteuning vir die hoofstukke van die lewe wat soms moeilik is om alleen te dra.

1:1 Emigrasie Ondersteuning
Vir die verlange, skuldgevoel, aanpassing, identiteit en emosionele realiteit van 'n lewe tussen twee wÊrelde.

1:1 Persoonlike Ondersteuning
'n veilige oordeelvrye gesprek wanneer jy deur 'n moeilike lewenshoofstuk stap en net iemand nodig het om te luister, saam te dink en jou te ondersteun
NEEM ASB KENNIS:
Hierdie sessies bied persoonlike en geloofsgebaseerde ondersteuning en is nie 'n plaasvervanger vir profesionele mediese, sielkundige of krisisdienste nie.
bottom of page