top of page

Emigrasie Depressie

Emigrasie verander meer as net jou adres.  Dit kan jou identiteit, verhoudings en emosionele welstand raak op maniere waarvoor niemand jou voorberei het nie.

My 1:1 Emigrasie Ondersteuningsessies bied vir jou 'n veilige, persoonlike ruimte waar jy jou storie kan deel, asem kan haal en saam met iemand deur hierdie seisoen kan stap.

Geen oordeel.  Geen druk om alles "uitgewerk" te hê nie.  Net 'n veilige gesprek, ondersteuning en iemand wat luister en verstaan.

Person's Desert Shadow

WARE OOMBLIKKE
EGTE MENSE
DIE REALITEIT VAN EMIGRASIE

Michelle se Storie

764833001_1065072779433887_530364104829826052_n.jfif

“GEE JOUSELF VYF JAAR…” — MICHELLE SE EMIGRASIESTORIE

November 2010 land Michelle en Eddie saam met hulle drielingseuntjies in Brisbane. Die seuns was amper vyf, en hulle het alles wat bekend was agtergelaat met die hoop op ’n ander toekoms vir hulle kinders.

Die begin was nie maklik nie. Michelle het die eerste Desember gehuil, op Kersdag gewerk en moes aanvaar dat haar Nursing-studies oorgedoen sou moes word. Eddie het aanvanklik by die kinders gebly en later ook sy Accounting-studies oorgedoen.

 

Net ses maande ná hulle aankoms het Michelle vier werwels by die werk beseer. Tussen finansiële druk, kinders grootmaak, studies,

emigrasie en ’n ernstige besering moes hulle eenvoudig aanhou bou.

 

“Emigrasie het my geleer dat jy met baie minder kan klaarkom wanneer jy besig is om iets nuuts te bou.”

 

Vandag, meer as 15 jaar later, is daardie drie klein seuntjies 21. Twee dien in die Army en die derde studeer Accounting.

 

Michelle se geloofspad het ook ’n besondere draai gemaak. In 2026, ná ongeveer 30 jaar, het sy weer haar Bybel oopgemaak — en teruggekyk met die besef dat God daar was, selfs toe sy dit nie besef het nie.

 

Haar raad aan nuwe immigrante is eenvoudig:

Gee jouself vyf jaar. Bewaar jou huwelik. Vind jou mense. Rus wanneer jy moeg is — en staan dan weer op.

 

En wanneer jy wonder of jy die regte besluit geneem het, onthou jou hoekom.

“Selfs wanneer jy dink jy is alleen, is jy nie. God is steeds saam met jou.”

DEEL JOU STORIE

Elke immigrant dra 'n storie. Joune kan dalk presies die woorde wees wat iemand anders vandag nodig het.

bottom of page