top of page

Geloof: Nie elke plek waar jy aanvaar word, is waar jy behoort nie

  • Writer: komynkomyntjie
    komynkomyntjie
  • Aug 17
  • 1 min read

Nie elke plek waar jy aanvaar word, is noodwendig ’n plek waar jy behoort nie.

En nie elke plek waar jy ongemaklik voel, beteken dat jy verwerp word nie.


Soms voel jy skielik uit plek tussen mense waar jy altyd gemaklik was.


Gesprekke pas nie meer nie. Dinge wat jou vroeër opgewonde gemaak het, voel leeg. Jy probeer verstaan wat verander het — en dan dink jy dalk die probleem lê by jou.


Maar miskien is jy nie besig om jou plek te verloor nie.

Miskien is God besig om jou te skuif.

Daar is seisoene waarin God eers iets ín jou verander voordat Hy iets rondom jou verander.

En daardie tussen-in plek kan eensaam voel.


Jy is nie meer heeltemal wie jy was nie, maar jy kan ook nog nie sien waarheen God jou neem nie.

Moenie jouself forseer om weer in ’n plek te pas waar God jou dalk reeds ontgroei het nie.

Jy hoef nie oral in te pas om te weet jy behoort nie.


Wanneer jy aan God behoort, kan selfs ’n seisoen van “nie inpas nie” deel wees van jou groei.


Alicia Venter

Komyn & Komyntjie

Geloof*Genesing*Groei



 
 
 

Comments


bottom of page